VRAE DIKWELS GEVRA

1

VIR WIE IS DIE PROGRAM BEDOEL?

MY SEUN IS KRIEWELRIG EN LUISTER NIE ALTYD MOOI VIR JUFFROU NIE.

Die opdragte is kort en daar is baie afwisseling in aktiwiteite. Die program is uiters geskik vir kinders wat dit moeilik vind om stil te sit en gefokus te bly.

Ons seun is in graad 3 en sukkel baie met spel, woordeskat, lees asook sinsbou en om stories te skryf, ek wil hom graag nou in die vakansie help om dit alles te bemeester.

Daar is ongelukkig nie ‘n kits-oplossing nie. Jou seun behoort te vorder as hy vier keer ‘n week vir 28 weke te werk – twee keer per week op die rekenaar en in die werkboekie.

Ek wil net graag uitvind wat julle vir graad 1 tot 3 en voorskools het?

Spoedleesboekie (Deel 1) kan vanaf die einde van die tweede kwartaal van graad 1 gebruik word. Spoedleesboekie (Deel 2) is bedoel vir kinders van die middel van graad 2. Die Spelpret Spelprogram is bedoel vir kinders vanaf graad 3 tot 5.

My 12-jarige seun sukkel met spel. Sal julle die spelprogram aanbeveel?

Hierdie program is bedoel vir kinders vanaf graad 3 tot 5. Die Spelpret Spelprogram dek al die basiese spelreëls. Alle kinders behoort by die program te baat, maar ouer kinders sal dit waarskynlik nie geniet om die program te gebruik nie. Kyk gerus na die voorbeelde op die webtuiste.

2

INHOUD

My dogter raak baie deurmekaar met watter klanke om te gebruik. Die samestellings wat hulle vra is ook baie moeilik. Bevat jul program al die basiese spelreëls?

Hierdie program dek die basiese spelreëls soos koppeltekens, samestellings, voor-en agtervoegsels, oop en geslote lettergrepe, asook verwarrings met klanke wat dieselfde klink, soos v/f, t/d, ei/y en ie/i.

3

WAARUIT BESTAAN DIE VOLLEDIGE SPELPRET SPELPROGRAM?

Opsie 1: Kyk solank na voorbeelde

4 LESSE

– Klinkers en oop lettergrepe

– Oop en geslote lettergrepe

– Gebruik ek t of d?

– Gebruik ek v of f?

Opsie 2: Een pakket (Boekie 1)

R 990 (Eenmalige prys)

– ‘n Geheue stokkie met die program op

– Werkboekie 1

– ‘n Handleiding vir die ouer

– ‘n Spesiale sakkie om alles bymekaar te hou

– Aflewering deur ‘n privaat-koerierdiens

Opsie 3: Een Pakket (Boekie 2)

R 990 (Eenmalige prys)

– ‘n Geheue stokkie met die program op

– Werkboekie 2

– ‘n Handleiding vir die ouer

– ‘n Spesiale sakkie om alles bymekaar te hou

– Aflewering deur ‘n privaat-koerierdiens

Opsie 4: Die Hele Program:

PAKKET 1 & 2

– ‘n Geheue stokkie met die program op

– Twee werkboekies

– ‘n Handleiding vir die ouer

– ‘n Spesiale sakkie om alles bymekaar te hou

– Aflewering deur ‘n privaat-koerierdiens

Laai ek die program op my rekenaar? Kan ek die program op twee rekenaars laai? moet 'n mens maandeliks 'n deel van die program aankoop?

Die program word eenmalige aangekoop. Julle kan die program op meer as een rekenaar laai en al die kinders in jul gesin kan dan die program gebruik.

4

Hoe werk die program se samestelling?

Uit hoeveel dele of hoofstukke bestaan 'n afdeling? Hoe lank werk my kind byvoorbeeld aan een afdeling as hy vier keer 'n week 'n oefening voltooi?

Die aantal dele in ‘n afdeling hang af van hoe moeilik dit is om die konsep te bemeester. Sommige afdelings, soos kappies, bestaan uit drie dele en ander afdelings, soos oop en geslate lettergrepe, bestaan uit nege dele.

Ek verlang asseblief meer inligting voordat ek 'n bestelling plaas. Is daar moontlik 'n voorskou van die program wat ek kan sien?

Klik gerus op die “Oorsig video” en kyk ook na die “Voorbeelde”.

5

WAT IS DIE PROSES?

Kan ek ASB. 'n kwotasie kry. Ek stel belang in die program. Hoe werk dit wanneer ek bestel?

Klik op “Bestel Nou”, voltooi die bestelvorm en stuur dit na ons. Julle sal ‘n faktuur ontvang en tussen twee en vyf werksdae nodat jul betaling in ons rekening reflekteer, sal julle die Spelpret-pakkie ontvang.

Rekenaar-vereistes: – Die rekenaar moet ‘n “Windows” bedryfstelsel hê. – Daar moet ‘n minimum van 4GB-spasie op die hardeskyf van die rekenaar wees, sodat die spelprogram op die rekenaar gelaai kan word.