Skrywers

Skrywers

Talitha

Talitha van der Walt is ’n voormalige grondslagfase- en remediërende onderwyseres. Sy was onder meer vir drie jaar die departementshoof (remediërende onderwyseres) in die Oos-Kaapstreek vir die Kaapse Onderwysdepartement en het vanaf 2002 tot 2018 as opvoedkundige sielkundige gepraktiseer.

Talitha het oor ʼn tydperk van 18 jaar die tipiese foute wat kinders in hul skryfwerk begaan, bestudeer en toe die Spelpret Spelprogram ontwikkel. Goeie onderwysbeginsels is in hierdie interaktiewe spelprogram toegepas. In 1993 het sy die eerste stel Spoedleesboekies gepubliseer. Die nuwe-generasie Spoedleesboekies is in 2016 gepubliseer en nou is My Eerste- en Tweede Spoedleesprogram op tablet en rekenaar beskikbaar. Die mees basiese onderwysbeginsel is dat kinders moet speel terwyl hulle leer. Talitha se belangrikste doelwit is dus dat kinders dit moet geniet om hierdie programme te gebruik en só hul spel- en leesvaardighede verbeter.

Ben

Ben du Plessis het ʼn Diploma in Grafiese Kuns en Ontwerp aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie asook ʼn Sertifikaat in Filmproduksie aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf. Ben se groot belangstelling is die produksie van opleidingsmateriaal. Hy was ook onder meer die tegniese regisseur van die gewilde TV-program vir kinders ’Thabang Thabong’.

Ben beskik oor die talent om kinders spelenderwys te onderrig soos die leuse van die Spelpret Spelprogram ’Leer Spel, Speel-Speel’ beskryf. Met die programmering van die Spelpret Spelprogram het hy verseker dat die instruksies so eenvoudig as moontlik is, sodat jong kinders onafhanklik kan werk. Hy het ook die programmering van My Eerste- en Tweede Spoedleesprogram behartig, sodat kinders kan sien hoe die spoed waarteen hulle lees, stelselmatig verbeter. Klik en kyk gerus ook na Ben se ’Speel en Leer’ speletjies en geniet al die wedervarings saam met die Bienkies!