Leer Spel, Speel-Speel 

Op ‘n tablet of rekenaar

Die Spelpret Spelprogram, ‘n interaktiewe rekenaarhulpmiddel, is ‘n volledige kursus wat al die basiese spelreëls dek, met die klem op taalverryking.

Die Spelpret Spelprogram is bedoel vir kinders van graad 3 tot 5. Die program bestaan uit nege afdelings, wat altesaam uit 56 dele bestaan. Dit sal die kind ongeveer 20 minute neem om elke deel te voltooi.

Kinders wat nie graag lees nie, ontwikkel dikwels spelprobleme en hul woordeskat is gewoonlik beperk. Baie kinders met aandag- en konsentrasieprobleme bereik nie hul volle potensiaal nie. Vir hierdie kinders is die Spelpret Spelprogram ʼn noodsaaklikheid.

Die Spelpret Spelprogram is ʼn interaktiewe program wat gespeel kan word op tablette en rekenaars. Dit sluit twee werkboekies in wat self uitgedruk kan word.

Hierdie program voorsien in die behoeftes van kinders met verskillende leerstyle. Die lettergrootte is groot en duidelik en maklik om te lees. Kleur en prente word gebruik om assosiasies te vorm. Opdragte en inligting op die skerm word deur ʼn professionele stemkunstenaar verduidelik. Die werkboekies word gebruik om die vorige dag se werk te hersien.

Registrasie 

  • Slegs R10 vir die eerste maand en daarna R49 per maand.
  • Subskrisies kan enige tyd gekanselleer word.

Level Price  
Spelpret vir Individue R 30.00 now and then R 60.00 per Month. Select